Natasha Mazzone

Natasha Mazzone
Natasha Mazzone
Mazzone in 2018

Hoofsweep van die Amptelike Opposisie
Ampsbekleër
Termynaanvang
31 Oktober 2019
Vise Jacques Julius
Voorafgegaan deur John Steenhuisen

Ampsbekleër
Termynaanvang
6 Mei 2009

Persoonlike besonderhede
Gebore 9 Mei 1979 (1979-05-09)
Pretoria
Politieke party Demokratiese Alliansie
Eggenoot/-note Kevin Mileham (2017–)
Alma mater Universiteit van Pretoria
Universiteit van Suid-Afrika

Natasha Wendy Anita Mazzone (gebore op 9 Mei 1979) is 'n Suid-Afrikaanse politikus wat tans as die hoofsweep van die amptelike opposisie in die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika dien. Sy dien al sedert 2009 as 'n LP en verteenwoordig die grootste opposisieparty, die Demokratiese Alliansie (DA). Sy is die tweede ondervoorsitter van die Federale Raad van die DA en die party se woordvoerder oor staatskaping. Sy was voorheen adjunk- skaduminister van justisie en staatkundige ontwikkeling, skaduminister van openbare ondernemings en ook skaduminister van kommunikasie.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search